Die Xian MA600 (MA vir 新舟, "Modern Ark") is 'n verbeterde weergawe van die Xian MA60. Dit word vervaardig deur Xi'an Aircraft Industry Corporation (Xian) onder die toesig van die Lugvaartindustriekorporasie van China. Xian het sy eerste MA600 turboskroef vliegtuig op 29 Junie 2008 uitgerol en die vliegtuig het sy nooiensvlug op 10 Oktober 2008 voltooi. Dit is toegerus met die nuutste avionika toerusting, verbeterde kajuit vir die passasiers en motore met groter stukrag teenoor die MA60. Die vliegtuig word aangedryf deur Pratt & Whitney Canada PW127J turboskroefmotore. Die vliegtuig kan 60 passasiers dra. Teen Oktober 2018 was daar reeds meer as 300 eenhede bestel. In 2008 het Xian die stelling gemaak: Die sukesvolle toetsvlug van die MA600 was 'n belangrike mylpaal in die geskiedenis van Chinese binnelandse vliegtuig produksie. Hulle het op daardie stadium verwag dat die vliegtuig se lugwaardigheids sertifikaat in die tweede helfte van 2009 toegeken sou word met die eerste aflewering daarna aan die Civil Aviation Flight University of China in die Sichuan-provinsie. Groeps aflewering sal eers 2010 begin. Die vliegtuig is toegerus met die Becker-kommunikasiestelsel: DVCS6100 Digital Intercom System,Cabin Intercommunication and Passenger Address. Die Rockwell Collins Pro Line 21 avioniese stelsel is in die kajuit geinstalleer.
Developed by StudentB